Die Top Gun Trofee is‘n interne Pretoria Oos Takprestasie erkenning aan die skut wat die hoogste gemiddelde punte gedurende diespesifieke kalenderjaar verdien het.
Om in aanmerking te kom kan die skuts aan enigevan die volgende tabelle deelneem:
‘n Skut moet ‘n minimum van 3 tellings per 5 (minimum) onderskeie oefeninge gedurende die periode vanaf Januarie tot Oktober aanteken om in aanmerking te kom vir die trofee. Elke skut se 5 hoogste gemiddelde tellings oor die 7 oefeninge sal gebruik word om sy gemiddeld aan die einde van die jaar te bepaal. Die skut met die hoogste gemiddeld wen.
Die reëls en vereistes soos deur die SAJWV Hoofkantoor vasgestel sal geld vir die verskillende oefeninge.
Vir alle tabelle word afsonderlike drie plekke asook ‘n wisseltrofee aan die einde van die jaar toegeken.
Die Handwapen en Haelgeweer tabel sal nie in ag geneem word vir die Top Gun Trofee nie, omdat nie alle skuts die gepaste wapens het nie, maar daar sal wel erkenning gegee word aan die hoogste gemiddelde telling per elke afsonderlike tabel.
punt sal nie in berekening gebring word vir die Top GunTrofee nie, slegs vir die uitslag van die spesifieke tabel.
Sovêr moontlik sal die Top Gun Trofee oefeninge op elke takskiet aangebied word. Baanoffisiere moet ingelig word om die V-kolle wat geskiet word op die tabelle op die skuts se tellings aandui as 260.5 ens.
Die reëls sal toegepas word vir alle toekennings, kompetisies asook vir alle spanne wat gekies sal word om amptelik as ’n Pretoria-Oos span deel te neem.
Spanne vir intertak sal gekies word volgens die ranglys van die Vlakte en Bosveld tabelle asook met ’n span samestelling van ervaring en leierskap. As daar gekyk word na die laaste paar jare se resultate van kompetisies, was dit duidelik dat spanne wat ervare skuts insluit beter presteer op nasionale vlak. Daar sal ook gekyk word na prestasies behaal in spanverband sowel as individuele prestasies op streek- en nasionale kompetisies. Daar sal ‘n poging aangewend word om hoogs kompeterende spanne saam te stel asook om opkomende skuts op streekvlak blootstelling te gee.
Indien die spanne nie vol is nie sal die skuts wat twee tellings het, se hoogste gemiddeld gebruik word om die spanne op te vul.
We have 17 guests and no members online