Conservation

Published on 15 May 2013
Definisie van Bewaring

Bewaring kan baie wyd gedefinieer word.  Daarom dat die SAJWV ‘n Bewaringshandves tot stand gebring het om Bewaring wetenskaplik te definieer en om dit ordelik te kan koördineer. Van die belangrike aspekte volgens die aanhef tot die SAWJV Bewarings handves beskryf Bewaring as volg: 

  1. Ons doen dit nie bloot op ons eie nie, dit word gedoen in ooreenstemming met die Wêreldbewaringsfonds (IUCN)
  2. Is volhoubare benutting van die natuur en alle natuurlike bronne
  3. Is ‘n gemeenskaplike verantwoordelikheid
  4. Is gefokus op inheemse natuurlewe van SA
  5. Beteken dat almal bevoordeel word uit volhoubare benutting van die natuur
  6. Jag is ‘n volhoubare benuttingsaktiwiteit, tesame met ontelbare ander aktiwiteite
  7. Is gerig op bevolkings van spesies eerder as individu van spesies
  8. Bewaring kan nie net op skaars/bedreidgde spesies konsentreer nie, maar eerder op alle spesies.

Hoekom die klem op bewaring?
(Komplimente aan Dr Herman Els, SAJWV Bestuurder Bewaringskoördinering)
  1. Bedreiging.  Die jagbedryf word bedreig vanaf verskeie oorde. Die aanslag op vuurwapens (anti-gun lobby), op jag (anti hunting lobby) en die staat se beleid om die jag bedryf skoon te maak omdat dit elitisties is en nie voordele vir veral plaaslike gemeenskappe inhou nie, is aan almal bekend. Die grooste bedreiging is egter onkunde van die jagter self. Dat die jagter ‘n baie belangrike rol speel in die beskerming en bewaring van fauna en flora is onmiskenbaar. As die jagter dit egter met kennis doen oor hoe hy regtig die ekologie bewaar deur sy jag aktiwiteite sal dit baie doen om die aanslag teen jagters af te weer.
  2. Biodiversiteit.  Deur net die sneller te trek is nie genoeg om te bewaar nie. Ons natuur is ‘n komplekse en meestal tenger sisteem wat ‘n mens dwing om elke gevolg van elke handeling behoorlik te deurdink. Kyk hoe vinnig kan ‘n spesie skielik op die bedreigde lys beland. Biodiversiteit is nie net die natuur nie. Dit is ook die mens in daardie natuur. Is hy ‘n buurman, ‘n gids of ‘n kok. Wat is sy rol in die biodiversiteit. Kennis oor biodiversiteit is dus belangrik vir die jagter want hy maak dan met sy kennis ‘n reuse bydrae om biodiversiteit te bevorder. Anders sal ons later net rooibokke en koedoes het om te jag en daarna sal ons hulle moet “can” omdat hulle nie in die natuur kan oorleef nie.
  3. Vaardighede.  Daar was nog altyd ‘n verskil tussen jag en slag. Slag is wanneer jy iets skiet bloot weens die feit dat jy ‘n wapen het. Of dit die laaste dier op die planeet is, of hy klein of groot is of jy die dier gaan gebruik of nie, maak nie saak nie. Nou dis nie jag nie en nog minder is dit bewaring. Jag vaardighede wat wapen vaardigheid insluit is belangrik vir bewaring. Jy moet die wild ken wat jy jag, mag jy die dier jag, wat is die beste skootplasing, hoe ver kan ek skiet, is die dier dalk dragtig ens,ens. Binnekort sal daar norme en standaarde wees wat dit gaan begin voorskryf. Miskien te streng veral as dit van owerheid se kant af kom, maar die feit bly dat die jagter sy vaardighede op knap. Dit is nie meer net vir die geweer uit die kluis haal agter in die Landcruiser gooi en dan gaan jy jag nie. Wildboere begin al reeds sekere vaardighede van jagters vereis voordat daar gejag mag word. Dit is egter belangrik want deur beter vaardighede te verkry word die natuur beter bewaar.

Wat is Bewaring dan in praktyk?

In die praktyk behels bewaring vanuit ‘n jagter se oogpunt kortliks die volgende:

  1. Kennis van natuur en industrie – Dit sluit in jagspesie wat gejag word, habitat, flora, die verbruik van die gejagte dier, werkgeleenthede wat geskep word agv jag ens.
  2. Ontwikkeling en instandhouding van vaardighede – Gekweste diere is nie deel van bewaring nie!! Neem gereeld deel aan ge-organiseerde takskietdae.
  3. Ingesteldheid op fauna/flora/omgewing – Dit is ‘n baie wye stelling en omsluit bogenoemde asook aspekte soos rommel, carbon footprint, ens, ens

Search

We have 15 guests and no members online