Oktober Tak Nuus

Published on 03 December 2012

Ons vertrou dat al die lede wonderlike geleenthede gehad het om te gaan jag en dat julle dit baie geniet het.
Graag deel ons die volgende met julle

  1. Buffelsdrif: Bewaringsaksie saam met ons Aardwolf Studente Tak se lede: Ons het op 24 Julie ‘n baie suksevolle bewaringsaksie saam met ons Studentelede in die Buffelsdrifbewaria gehad. Baie dankie aan Koos Kotze vir al die reelings en die studente vir hul entoesiasme. – Lees die suksesverhaal in die November uitgawe van die Vereninging se Tydskrif, SAHUNTER/ SAJAGTER.
  2. Jaarvergadering: Tydens ons AJV wat op 15 Augustus 2013 te Rafters gehou was is Dawie Malan op die komitee verkies en hy sal die portefeulje: “Senior opleiding” vir ons hanteer. Baie dankie aan die res van die komitee wat bereid is om nog ‘n jaar op die komitee te dien.
  3. Haelgeweer jag: Jacques Nienaber het ‘n wonderlike Voëljag oor die naweek van 26 Julie vir ons lede by “Aan die Vaal” gereel. Almal was dit eens – Dit was ‘n reuse sukses.
  4. Haelgeweer tabelle en kleiwerpers: Ons het nog ‘n Kleiwerpmasjien bekom wat “Minikleie” kan gooi en ons kan dus nou die amptelike tabelle aanbied waar lede hul balkies kan losskiet. Vivian Pitchers, ‘n Protea Haelgeweer skut,  het by ons tak aangesluit en hy het homself bereidverklaar om ons “onervare” Haelgeweerskuts ‘n bietjie touwys te maak oor die fynere kunsies van Kleiduifskiet. Dankie Vivian, vir jou bereidwilligheid, en welkom by Pretoria Oos.
  5. Toegewydesportskutkursus – 8 Oktober – Doen navraag by Marti vir die detail
  6. Skietdag 12 Oktober by Piet Joubertskietbaan.
  7. Ledeaand 17 Oktober. Kom kyk by Rietvleilapa hoe word “Boskos” gemaak
  8. Pretskiet  2 November – Kom gerus en bring die hele gesin saam vir ‘n heerlike pretskiet en ons jaarlikse afsluitingsfunksie by Nyathipark se Lapa daarna.
  9. 21 November – GROOT NUUS – Jay, ‘n lid van ons tak, gaan hierdie jaar weereens vir ons ‘n konsert hou, ten bate van ons bewaringsfonds. BAIE DANKIE Jay, dit word opreg waardeer.

Jacques Nienaber is ons komiteelid wat die saak vir ons reel en koordineer. Dankie Jacques. – Teken asb die datum op julle dagboeke aan: Kom ondersteun ons in die belangrike geleentheid en geniet ‘n genotvolle aand saam met die hele gesin.

Pretoria Oos Groete

Search

We have 100 guests and no members online